• Categories

    All

  • Authors

    All

  • Sort By

    Date

February 12, 2009

Love story competition entry: Ek is klein

image

Table Mountain, photo courtesy Alet Bulloch

Ek is klein, hier waar ek sit en kyk na U groot skepping
Kon my Fondasie maar soos sterk wees soos die Berg,
Diep geplant in moeder Natuur, deur Uself…

Hou sy hom styf vas, vertroetel hom, trek hom toe, waai hom skoon,
Tafelberg
My rots
Was dit nie vir jou, was my huwelik nie so sterk vandag,
Jou grou grou hange, my yskoue nagte
Jou wolk kombers, my ou duvet styf oor my kop getrek,
Jy verstaan my, jy ken my seerkry,
More is jou blad weer skoon,
My hart nog steeds so seer,
Kan ek met jou praat, my Berg,
Kan ek vir jou vertel van lê en luister, na die geluide in die nag,
Maar nooit die sleutel hoor wat daardie deur oop sluit.
My hart, so koud, so koud…  Waar is my wortels o Here, wys my nog ’n keer!.

Die jare loop, my pad was swaar,
Tafelberg, vandag wil ek weer met jou kom praat.
Ek sien jou weer na soveel jaar,
Nog altyd daar, wag jy vir my?.

Vandag is my hart sommer baie lig, ek’t lief o, Tafelberg,
En met jou, wil ek dit deel.
Hy’t my gebring om jou te sien, hy ken jou ook,
Die man van my.
Hy’s dalk ’n bietjie kwaai, maar aai Tafelberg,
Nou hier voor jou, met wortels diep in hierdie aarde in geplant,
wys jy ons teen grou grou hange,
is daar hoop, byt vas, jou dag sal kom, kyk op, my kop is skoon,

Duvet is weggegooi, my hart kan sing, eks verlief, en Lief,
My pad is gladder, maar nog steeds ’n klippie op my pad,
Ek sal nie val, my hand is vas in die een wat ek verlang en dan
‘n sirkel vorm ons met God
ons sterkste skakel, tussen ons.

comments powered by Disqus